Description

Twee wêreldklas tenore en ’n soprano deel vanjaar die verhoog by Klassieke Klein-Karoo Kersfees, wat op Saterdag 5 Desember by Celebratio buite Oudtshoorn aangebied word. Lynelle Kenned, Jannie Moolman en Louis Loock sal die aand saam met ’n klassieke orkes optree, onder leiding van Paul Loeb van Zuilenburg.
Die gehoor sal kan uitsien na pragtige Kers¬liedere asook van die mooiste klassieke treffers. Daar sal ook geleent¬heid wees vir samesang.
Die konsert begin om 19:30, maar die kos- en wynstalletjies is reeds van 18:00 af oop. Kom gerus vroeër en kuier op die grasterras wat uitkyk oor die granaatboorde en die Gamkaberg.
Kaartjies kos R290 per persoon en is aanlyn beskikbaar op www.celebratio.co.za.
Vir meer inligting kontak Marita Meyer by 082 335 6059.