Kersfees in die Klein-Karoo met Drie van die Bestes
Die jaarlikse Kerskonsert by die granaatplaas Celebratio trek vanjaar ‘n nuwe baadjie aan met die gewilde groep Drie van die Bestes, met Danie Niehaus, Mathys Roets en Germandt Geldenhuys, wat hier gaan optree.
Dagboek solank Saterdag 2 Desember en laat die vriende en familie weet – op dié dag gaan daar heerlik onder die sterre gekuier word by Kersfees in die Klein-Karoo met Drie van die Bestes!