Description

Granaat-opedag op Celebratio gehou
Dis oestyd op die granaatplaas Celebratio en ons maak op Saterdag 28 Maart die deure oop vir mense wat meer wil leer oor dié heilsame vrug.
‘n Toegangskaartjie van R300 sluit die volgende in: ‘n boordtoer, granaatpluk, pakstoortoer, proeë, ‘n kosdemonstrasie deur Marinda Engelbrecht (Marinda Kook) asook ‘n cocktail-demonstrasie.
Marinda, bekend as aanbieder van die televisieprogramme “Laat die Potte Prut” en “Maklik met Marinda”, gaan die dag aan gaste wys hoe om granate en granaatprodukte te gebruik om heerlike geregte mee te maak.
‘n Mixologist gaan ook demonstreer hoe om heerlike drankies te maak met granate as tema.
Tydens die boodtoer sal gaste leer hoe om ‘n granaat te pluk en dan die geleentheid kry om hul eies te pluk, wat na die tyd by die pakstoor geweeg sal word.
Gaste kan voor en ná hul sessie heerlik op die grasterras kuier en die plaaslike kos- en wynstalletjies ondersteun.
Daar sal drie sessies gedurende die dag wees. Slegs ‘n beperkte hoeveelheid kaartjies is per sessie beskikbaar, so voorafbesprekings is noodsaaklik.
Vir meer inligting kontak Marita by 082 335 6059.