VIP ticket include : ***


This is a great opportunity to host and treat friends and or business contacts.
12 Feb
h. 20:00

Diamond for Valentine’s

Die splinternuwe produksie Diamond for Valentine’s bring hulde aan een van die mees suksesvolle kunstenaars van alle tye, wat ‘n verstommende 38 top-tien-liedjies in sy loopbaan gehad het. Die sanger Johan Liebenberg word beskou as Suid-Afrika se eie Neil Diamond en as ‘n mens jou oë toemaak en na sy stem luister, sou jy gedink het dit is die legende sélf wat sing. Die lys van treffers wat by die konsert op Celebratio gehoor kan word, sluit in “Sweet Caroline”, “Canta Libre”, “Forever in Blue Jeans”, “Beautiful Noise”, “America”, “I am I Said”, “Play Me”, “Solitary Man” en “Desiree”. Dit beloof om ‘n aand van “beautiful noises” onder die Karoo-sterre te wees, so bespreek sommer nou vir jou en jou geliefdes. Konsertgangers word genooi om reeds van 18:00 af saam op die terras van Celebratio te kuier en die stalletjies van van die omgewing se restaurante en wynkelders te besoek.