VIP ticket include : ***


This is a great opportunity to host and treat friends and or business contacts.
31 Aug
h. 19:30

The music of Neil Diamond

Met meer as 100 miljoen albumverkope wêreldwyd word Neil Diamond beskou as een van die top-kunstenaars van alle tye. Met liedjies soos “Sweet Caroline”, “Beautiful Noise” en “Longfellow Serenade” het hy die trefferparades in die sewentigerjare oorheers en meer as 30 van sy liedjies het die toptien gehaal. Hy het ook tien nommer-een-treffers gehad.
VOORSKOU KLIEK HIER
7 Sep
h. 20:00

Snotkop

Snotkop, een van die land se gewildste Afrikaanse sangers, tree op Saterdag 7 September vir die eerste keer op ‘n granaatplaas in die hartjie van die Klein Karoo op. Snotkop het die vermoë om treffer ná treffer uit te reik – sy jongste album “Sous” het pas goue status bereik, soos ook sy voriges “HKGK” en “Soos ‘n BOSS”. Hy’t ‘n rits toekennings agter sy naam en sy YouTube-video’s van sy liedjies is legendaries. Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-k
21 Sep
h. 10:00

Klein Karoo Proe-fees

Die eerste Klein Karoo Proe-fees word op 21 en 22 September op Celebratio aangebied. Dit beloof om ‘n gastronomiese fees te wees met plaaslike uitstallers wat hul beste geregte/produkte/drankies sal voorsit. Die Klein Karoo Proe-fees word aangebied in samewerking met die Oudtshoorn Sakekamer, Oudtshoorn Toerisme en Agri Klein Karoo. Kom stap so proe –proe tussen die stalletjies deur, proe hier en proe daar voordat jy rustig iewers gaan sit en gesellig saam met vriende verkeer. Meer as 50 uitstallers sal uit
26 Oct
h. 20:00

A classical tribute to Andrew Lloyd Webber

Beleef op een aand in een vertoning die grootste treffers uit musiekblyspele soos Phantom of the Opera, Evita, Cats en Joseph and the amazing Technicolour Dreamcoat.
7 Dec
h. 19:30

Klassieke Klein Karoo Kersfees

Na die ongelooflike debuut van hierdie produksie in 2018 is Jannie Moolman en Corlea Botha genooi as die gaskunstenaars vir Klassieke Klein Karoo Kersfees 2019.